Ek wil Yahweh prys solank as wat ek leef
Lofsing en eer bring, elke asemteug
Ek wil Yahweh prys solank as wat ek leef
Lofsing en eer bring, elke asemteug
Moet op prinse geen vertroue plaas
Hul moet ook die laaste asem blaas
Jy sal daar geen blywende verlossing vind
Elke plan sal wegwaai in die wind
Dit is beter om jou hoop op Hom te bou:
El van Yaakov, wat sy Woord sal hou!
Daar is sekerheid om in Yahweh te hoop
Net Hy sal trou bly tot in ewigheid
Daar is sekerheid om in Yahweh te hoop
Net Hy sal trou bly tot in ewigheid
Hy doen reg aan elkeen in hul nood
Hongeriges kry by Hom hul brood
Vreemdes, blindes word deur Hom weer opgerig
En leer wandel voor sy aangesig
Ewig Koning, ek kies U tot my behoud
U groot liefde, reeds geslagte oud!