Views: 76
Hou die Torah, het U beveel
Dit sal jou weg bewaar
U plaas u seën op daardie een
Wat by u woord hom skaar
Ek soek Torah met al my krag
Ek sal op u pad let
Ek wil vertel van elke woord
Aandag gee aan u wet
Sal ‘n jong’ling ooit reg kan loop
As hy u woord nie hou?
Sal ‘n sterf’ling sy pad kan vind
As hy op wind wil bou?
Neig tog my hart na u Torah
Dan sal ek my nie skaam
Maak my tog lewend na u Woord
Neem uit my hart die blaam
Lamp vir my voet, lig vir my pad
Dit is u Woord vir my
Lied in my hart, lof in my siel
Dit doen Torah vir my
Die wat dit liefhet, word gevoed
Soos heuning in die mond
Die wat dit aanhang, skep weer moed
U Woord doen my net goed!
Vir ewig sal u Woord vasstaan
Waarheid vind ons daarin
Ons kan ons huis op u Woord bou
Dis waar u trou begin
Elke bevel het ek so lief
U weë is volmaak
My tong sal u Torah besing
My hand sal besig raak