Ps 16 Bewaar my


Bewaar my, o El, want by U kan ek veilig skuil
Daar is niks, Yahweh, wat ooit u grootheid kan oortref
Ek volg U op u weg waar afgesonderdes U vind
En so sal ons in eenheid U groot Naam met lus verhef

‘n Lieflike plek is waar die maatlyn vir my val
Hoe mooi is die erf’nis wat U hier vir my uitdeel
Ek wil graag u Naam loof, selfs in die nag sal ek nie rus
Om te weet dat U hier is, dit kan niemand van my steel

Ek stel Yahweh voor my, dan kan ek nie wankel nie
U staan reg langs my, u hand kan ek so maklik vat
Daarom is my hart bly; want baie veilig sal ek woon
Daar is vreugde voor u aangesig – volheid op U pad!