Die aarde en sy volheid – die mens ook – behoort aan Yahweh
Dit alles het Hy bereken – sorgvuldig gemaak
Wie mag teen sy berg op klim, en staan waar Hy Hom afsonder?
Net hy wat sy hande rein hou en sy hart bewaak
Hy sal seën wegdra van die Vader, en leef vanuit sy verlossing
Ook leer wat dit sal beteken om te onderskei
Die aarde en sy volheid – die mens ook – behoort aan Yahweh
Dit alles het Hy bereken – sorgvuldig berei
Dis mense wat sy Naam dra – wat nou dikwels om sy hulp vra
Wat hunker na sy nabyheid, met Israel saam loop
Berei voor julle poorte, Hy kom, maak nou julle deur oop
As koning is Hy die grootste – gaan jy op Hom hoop?