Ps 123 Ek hef my oë


Ek hef my oë na U toe, Yahweh
Tot by u troon en by u woonplek
Kyk met u guns na ons toe, Yahweh
Te lank reeds ly ons hier gebrek.

Soos elke kneg sy oog moet inspan
Na wat sy werkgewer se hand doen
So is ons oog op u hand, Yahweh
Want U bly steeds ons Kampioen!

Beweeg u hand, Yahweh, ons Meester
Hierdie swaarkry kan ons nie uithou
Spot van trotsaards kry ons nou onder
Dis u hand wat … ons laat moed hou!

Soos elke kneg sy oog moet inspan
Na wat sy werkgewer se hand doen
So is ons oog op u hand, Yahweh
Want U bly steeds ons Kampioen!