Ps 65 Aan U kom toe

Views: 11


Aan U kom ‘n lofsang toe, o Elohiem
Ons geloftes aan U, moet ons alles betaal
U’s die Een wat ons bedes verhoor tot u eer
U sorg vir die mens is globaal
Die sleg het my byna verwoes
Maar U versoening is volmaak
So geseënd is die een wat U naby U bring
Daaraan wil ek graag gewoond raak

Soms is ons bevrees as ons hoor wat U sê
Maar besef eers daarna, dat U regverdig bly
U’s die Een wat die nasies van hoor en vertrou
Wat mense uit hul nood bevry
Die berge gegrondves deur krag
Die see se gebruis toon u mag
Elke mens is verstom, op u tekens bedag
U werke strek oor dag en nag

Die jaar word met goedheid bekroon en geseën
Van die vet drup u spoor en u stroom loop heel oor
Met u reën word die lande benat en herstel
Die kurkdroog kraak is nou ‘n voor
Die koring het U self berei
Dis grasgroen in die woesteny
Soos die mens, so kan heuwels hulself ook verbly
Die velde juig, die troppe wei!