In die land van Mietsrayiem moes Yiesraél ‘n vreemde taal leer ken –
Maar in die tyd daarna – eie plek, eie taal, eie reëls
In die land van Mietsrayiem moes Yiesraél ‘n vreemde taal leer ken –
Maar in die tyd daarna – eie plek, eie taal, eie reëls
Selfs die see het dit belewe … en weg gevlug
Jordaanrivier in volle vloed, trek sonder skroom sy stroom t’rug
Wat’s dit? Waarom? Hoekom maak die natuur so?
Wat’s dit? Waarom? Hoe kan ‘n mens so iets glo?
Op die reis van Yiesraél het vaste rots ‘n waterplas geword
En in die wildernis, hemelbrood, wolkkolom, donderweer
Op die reis van Yiesraél het vaste rots ‘n waterplas geword
En in die wildernis, hemelbrood, wolkkolom, donderweer
Selfs die berg spring soos ‘n bokram … net soos ‘n dier
Die aarde beef verwoed, voor Yahweh, Elohiem van Yaakov
Wat’s dit? Waarom? Dit is mos ongelooflik!
Wat’s dit? Waarom? Sy grootheid só verskriklik!