Ps 42 Soos ‘n hert

Views: 141


Soos ‘n hert smag na waterstrome
Dors my siel na U Yahweh
U alleen is my hartsverlange
En ek bring aan U die eer
U alleen is my Bron van krag
Op u teenwoordigheid bly ek wag
U alleen is my hartsverlange
En ek bring aan U die eer.

Soos ‘n rots was U altyd voor my
Selfs toe golwe oor my spoel
Op u Woord kon ek altyd reken
As die wyser na u doel
U alleen is my Bron en Lus
Van U verlossing bly ek bewus
U Yahweh is die Een bo almal
In u Naam kom ek tot rus

Ek is deel van die groep wat feesvier
Wat ook u verlossing ken
In een oogwink kan u guns opdaag
In my stryd laat U my wen
U alleen is my Elohiem
By u goedgunstigheid bly ek staan
Omdat ek weet dat U my aanhoor
Sal ek telkens na U gaan!