Ps 15 Yahweh wie mag

Views: 26


Yahweh wie mag vertoef in u tent, wie mag kom
Op die berg toegewy aan U Naam?
Hul wat wandel voor U en geregtigheid doen
Wat u woorde met alles beaam

Hul wat praat wat U behaag en die waarheid kan omhels
Wat geen kwaad teen hul vriende bedink
So ‘n mens sal nie laster en woorde verspil
Uit hul mond sal geen oneer weerklink

Yahweh wie mag vertoef in u tent, wie mag kom
Op die berg toegewy aan U Naam?
Hul wat saamstem met reg en optree teen die sleg
Wat vir waarheid hul nooit nie sal skaam

Daardie groep vereer die volk wat U dien en u Naam vrees
Vir die onskuldiges kies hul kant
Hulle staan vas teen onreg en soek na u wil
Tot in ewigheid hou hulle stand

Yahweh wie mag vertoef in u tent, wie mag kom
Op die berg toegewy aan U Naam?
Hul wat wandel voor U en geregtigheid doen
Wat u woorde met alles beaam

Daardie groep vereer die volk wat U dien en u Naam vrees
Vir die onskuldiges kies hul kant
Hulle staan vas teen onreg en soek na u wil
Tot in ewigheid hou hulle stand!