Hy buig af na my toe
Oor reg langs my mond
Trek my uit die modder
Voet op vaste grond
Waar my paaie dikwels
weg van hom af loop
Het Hy als kom vasmaak
My op Hom laat hoop
Hy gee my van voor af
Liedere van lof
Wys my die vergeefsheid
Om te jaag na stof
Hy ken geen gelyke
Wonders is normaal
Mens kan dit skaars uitspreek
Kan dit nie herhaal
U soek niks formeel nie
Net ‘n oor wat hoor
Offers help nie veel nie
As ek lus verloor
Plant u Woord hier in my
Maak my bly daaroor
Trou en guns en wysheid
Hou dit aan my voor
Hul wat U leer ken het
Sê: Groot is Yahweh
Hulle ken die blydskap
Net soos u Woord sê
Al is ek ellendig
U dink nog aan my
U’s my hulp en redder
Pal staan U my by