Ps 104 Besing o my siel


Besing, o my siel, die grootheid van Yahweh
Met lig heel omhul, glinster-doek wat bedek
Hy woon in die waters; Hy ry op die wolk
Die winde dra nuus aan van hier na sy Plek
Hy’t die aarde … sterk geanker … dit sal vir ewig vas bly staan
Vir u woorde … vlug die mense … weerlig is dit wat slaan!

U stel, O Yahweh, ‘n grens vas vir die vloed
En sorg met u hand vir die land en die dier
Wat U vir die mens doen, is alles net goed
U sorg vir die berge, maar ook vir die mier
Selfs die sterre … en planete … daar’s tye wat U aan hul gee
Kyk u werke … ja, u skepping … met sorg is dit beklee!

Op U, O Yahweh, wag die skepping vol hoop
Dat U voedsel gee, op die tyd soos bepaal
Wanneer die uur reg is, maak U u hand oop
Met oorvloed word ons nood vervul, elke maal
Hou nie terug nie … neem nie weg nie … want dan sal mens en dier vergaan
Stuur u Gees uit … toon u grootheid … dan sal alles bly staan

Besing, o my siel, die groot eer van Yahweh
Solank ek bestaan, sal my lied tot U styg
Die aarde se voorkoms kan U weer nuut maak
Maar as dit wil bewe, dan kan ons net swyg
Mag my denke … tot u eer wees … en blydskap voortkom uit my hart
Mag die sondaar … nie meer juig nie … en U nie langer tart!