Sing tot sy eer ‘n nuwe lied vandag
Wil jy nie aansluit, sy Naam ook kom loof?
Daar is geen grens aan wat Hy kan vermag
Van ons geslag, bly Hy nog steeds die Hoof!
Sy Majesteit en grootheid is volmaak
Sieraad en skoonheid straal vanuit sy troon
Sterkte en eer, by hom, onaangeraak
Wie sou nie graag een dag by Hom wou woon?
Aanbid Yahweh, kom voor sy aangesig
Sê vir die volke: Hy wat heers is hier!
Diep in die see, op land en in die lug
Word saamgespan om sy gesag te vier!