Ps 34 My lofgesang


My lofgesang sal voortdurend uit my mond kom
My siel beroem hom in Yahweh se Naam
Ootmoediges sal dit hoor en hul sal bly wees
Hul vat my hand, en ons loof Hom almal saam
Ek het geroep en Hy het my kreet gehoor
My angs en my vrees ken Hy – Hy haal my uit
Die wat Hom sien sal van pure vreugde straal
Voor skaamte hoef ek … geen dag langer te stuit

In donker nag en in nood roep ek na Hom uit
Hy hoor my stem, en Hy buig af na my
Yahweh se Boodskapper trek ‘n groot kamp rondom
Jy kan dit sien en selfs proe hoe groot is Hy
Geseënd die een wat in teëspoed by Hom skuil
As jy Yahweh vrees, sal jou angs gou verdwyn
Die wat hom vrees, het in wese geen gebrek
Met Hom wat jou dra, word hindernisse klein

Wie is die man wat begeer en wat wil lewe
Wat so verlang om die goeie te sien
Sluit dan jou mond vir die woorde wat verkeerd is
Soek na ‘n kans om met woord en daad te dien
Die oog van Yahweh is altyd op sy kind
Sy oor ingestel, elke keer as hy roep
Hy spits Hom toe op gebrokenes van hart
Hy sal hul verlos … Hy hoor hul hulgeroep!