Verlos my deur u groot Naam
En bewys u reg aan my
Beantwoord tog my bede
Van my vyand maak my vry
Kyk, die vreemdes staan teen my op
Die tiranne soek na my dood
Verlos my deur u groot Naam
U’s die Helper in my nood!
Verlos my deur u groot Naam
Met my siel sal ek vertrou
Vernietig self die vyand
Laat die kwaad tog net ophou
Ek, vrywillig gee ek my oor
U Naam, Yahweh, is op my mond
Verlos my deur u groot Naam
Dwing my vyand teen die grond!