Loof Yahweh, verlostes, sy goedheid hou nooit op
Dis Hy wat verhoor, uit die nood ons verlos
Loof Yahweh, ons Redder, sy hand hou ons regop
In honger en dors sal Hy ons nooit uitlos
Loof Yahweh, sy wonders, dit vind elke dag plaas
Die dood op ons pad, al die grendels verbreek
Loof Yahweh, sy kinders, die dwaas kan gerus raas
Uiteind’lik sal hul voor sy deur staan en smeek
Loof Yahweh, soos Israel, met lof en musiek-maak
Geen tyd is genoeg om sy werk te vermeld
Loof Yahweh, in storms, want Hy kan dit stil maak
Sy vrede oortref ons vergeefse geweld
Loof Yahweh, wat seën skenk, en vrug op ons arbeid
Soos herders wat sorg, sien U om na u volk
Loof Yahweh, wat bly maak, by Hom is daar egtheid
Daar’s wysheid vir dié wat sy guns reg vertolk