U gee hulp, U loop voor, selfs die Koning juig daaroor
O Yahweh, wie is daar nóg, wat vir Hom so goed kan sorg?
U kom Hom tegemoet met die beste wat U het
Dis veel meer as wat Hy vra in gebed
U gee lengte van dae, selfs ‘n kroon van suiwer goud
O Yahweh, ek staan verstom, oor die plan beraam vir Hom
Groot sy eer, vas sy koers, deur u hand wat op Hom rus
Man van skoonheid en van trou – dis beslis!
Majesteit, eerbaarheid, só is Hy deur U beklee
O Yahweh, U maak Hom bly, groot seën is vir Hom berei
Sy vertroue is in U – Hy sal dus nie wankel nie
Oor sy vyand sal Hy die oorhand kry
U sal kom, dis gewis, nie een mens sal dit kan mis
O Yahweh, die wat U haat, sal U self met vuur verteer
Hul sal weet van u mag – maar met hunk’ring sal ons wag
Om U vir u heldekrag te vereer!