Red my van hom wat my wil aanval
Beskerm my teen elke mens wat my haat
Red my van die een wat onreg wil pleeg
Verlos my tog van die net van verraad
Hul lê en loer en kyk wat ek doen
Al het ek self volgens u Woord geleef
Hul hardloop na my, en maak hulle klaar
Verlos my tog van die web wat hul weef
Hul kruip na my soos diere wat jag
Op soek na prooi, elke plek in die stad
Soos honde wat huil, soos monde wat lag
Verlos my tog vandag uit hierdie gat
U is my sterkte, op U wag ek
U self sal lag oor die vyand se plan
Hul val in hul trots, hul stik van die leuen
Verlos my tog soos net U alleen kán!