Ps 138 Met my hele hart


Met my hele hart loof ek en ek sing om U te eer
Ek loof U
Ek sal neerbuig en erken dat u goedheid my omkeer
Ek buig neer
Op die dag toe ek U roep, het U gou my roep gehoor
U hoor my
Al die konings loof u Naam – u Woord het hulle hart bekoor

Met my eie oë sien ek die volmaaktheid van u werk
Ek prys U
U, verhewe en getrou, wat my elke dag versterk
U red my
As ek wandel in doodsangs, keer u hand die vyand weg
U groot hand
Tot die einde staan U sterk en sal vir ons saak altyd veg