Views: 38
Ek hoef nie te vlug soos ‘n voël nie
Ek hoef nie te skuil in die kranse
Die boogskutter mik na my hart toe
Maar Yahweh stel rondom sy skanse
As ek by Hom skuil, is ek veilig
As mense my aanval, tree Hy op
Hy ken die bedoeling van harte
Met sy oë wat toets hou Hy ons dop
Die Een wat ek dien, is regverdig
Geregtigheid staan vir Hom eerste
As my vyand mik na my hart toe
Kry hy dalk onwetend die seerste
Ek smag na ‘n blik op u grootheid
Om by U te staan, my verwonder
U haat die een wat geweld liefhet
Die res is vir U afgesonder