Ps 76 Sy Naam is groot


Sy Naam is groot in Israel, Yehudah roep Hom aan
Sy tent verrys in Shalem, na Tsion sal Hy gaan
Hy is bekend van ouds af, voortreflik as Hy werk
Sy volk het Hy beskerm – hul in hul stryd versterk

Die boog se pyl verbreek Hy, die swaard is afgeweer
Die sterkes word geplunder, die slaap daal op hul neer
Hy is bekend van ouds af, Hy stort sy toorn uit
Ons vyand het geen kans nie – Hy gee hul oor as buit

Sy Naam is ontsagwekkend, geen mens kan voor Hom staan
Sy oordeel kom van bo af, die vyand word verslaan
Yahweh, bekend van ouds af, die aarde beef voor Hom
Na hul wat op sy hulp steun, sal Hy verseker kom