My stem is tot die Een wat mag het, wat kan luister, El almagtig
Ek roep tot Hom in my benoudheid, steek my hand uit, soek na troos
As ek in peinsing tot Hom nader, steun ek heftig, dis waaragtig
My gees is moeg, ek kan nie praat nie, het nie raad nie, moedeloos
Yahweh, verstoot U my, waarom bly U weg?
Niks is meer soos dit was, niks is meer reg!
My stem is tot die Een wat mag het, wat kan luister, El almagtig
Ek roep tot Hom in my benoudheid, steek my hand uit, soek na troos!
Ek dink aan als wat U gedoen het, u groot werke, die verlede
U weg was reg en afgesonder, U was by my, welbekend
Ek weet U hoor nie meer my lofsang en my snare, in die hede
Dit voel egter of als tot niet is, en my lewe tot ‘n end
Yahweh, waar is U tog, vergeet U so gou?
U wat goedgunstig is, hoor my tog nou!
Ek dink aan als wat U gedoen het, u groot werke, die verlede
U weg was reg en afgesonder, U was by my, welbekend!
U het u volk, geslag van Yaakov, sterk bemoedig, in die voortyd
So sal U, telkens ook vandag nog, in ons wanhoop, by ons wees
Net soos u volk ken ons ook vloede, vlieg daar pyle, in ons leeftytd
Maar soos Israel is ons u skape, vind ons weiding, deur u Gees
Al druis die donder daar, bliksems wat bont staan
Sal die waarheid oor U, ons nooit ontgaan
U het u volk, geslag van Yaakov, sterk bemoedig, in die voortyd
So sal U, telkens ook vandag nog, in ons wanhoop, by ons wees!