Roep elke mens op om Yah te loof
Die hemelskaar: son, maan en elke ster
Laat almal kom na Hom met geboë hoof
Geen skepsel … is vir lof té ver!
Roep elke mens op om Yah te dien
Deur sy bevel het Hy hulle gemaak
Getrou waak Hy, want Hy kan die einde sien
Nooit sal Hy … afsien van sy taak!
Roep elke mens op om Yah te soek
Dis Hy wat vuur, hael en die wind beheer
Sy groot werke sal mens sien om elke hoek
Daar is niks … wat sy mag kan keer!
Roep elke mens op wat Yah wil eer
Wat weet sy majesteit is soos ‘n wolk
‘n Teken van trots het Hy vir ons monteer
Wat ‘n guns … ek is van sý volk!