Views: 18
U sê vir my Meester, sit hier:
Kyk Ek plaas die vyand onder jou
Tsion hou jou septer, magtig
Daagliks sal die vyand dit aanskou
U volk sal so gereed wees
Reg om voort te bou
In hul afgesonderde gewaad
sal hul u Woord vashou
Vars kom hul met die daglig uit
Net soos dou!
U sweer vir my Meester, luister:
Ek maak jou ‘n priester vir ewig
Net soos Mal-ki-tse-dek, suiwer
Om geregtigheid weer op te rig
Volke moet nou hulle straf dra
Voor u aangesig
Ons weet, hy’s die een wat sit, langs U
Wat ook sy kop oplig
Vry sal hy uit u stroom kan drink
Doelgerig!