Ps 68 Elohiem staan op

Views: 21


Elohiem staan op – sy vyand het geen raad nie
Van sy aangesig probeer hulle wegkom
Net soos rook trek hulle weg
Net soos was smelt hulle voor Hom
Maar die regverdiges is vrolik, juigend, bly

Sing tot eer van Hom, psalmsing in sy Naam
Maak die pad gereed, Hy kom nou as Yahweh
Die wese juig, die volk is bly, die eensames versorg
Selfs die aarde brul en jubel oor sy Naam

Met ‘n milde reën sal seën op ons gestort word
As ons moeg is, is U daar om ons te help
U gee plek waar ons kan woon
U stort goedheid oor ons nood uit
Reg op die tyd laat U u woord na ons toe kom

Sing tot eer van Hom, psalmsing in sy Naam
Maak die pad gereed, Hy kom nou as Yahweh
Die wese juig, die volk is bly, die eensames versorg
Selfs die aarde brul en jubel oor sy Naam

Die vlerke van die duif is oorgetrek met silwer
Die berg van Elohiem pryk hoog, oneindig hoog
Dit staan daar vertoon as woonplek
Dit herinner ons aan sy grootheid
Vir ewig sal Hy heers en ons sy sterkte toon

Sing tot eer van Hom, psalmsing in sy Naam
Maak die pad gereed, Hy kom nou as Yahweh
Die wese juig, die volk is bly, die eensames versorg
Selfs die aarde brul en jubel oor sy Naam

Sing tot eer van Hom, psalmsing in sy Naam
Maak die pad gereed, Hy kom nou as Yahweh
Die wese juig, die volk is bly, die eensames versorg
Selfs die aarde brul en jubel oor sy Naam

Sing tot eer van Hom, psalmsing in sy Naam!