Ps 8 O Meester Yahweh


O Meester, Yahweh, voortreflik is u Naam!
Op die hele aarde is daar geen Naam so groot
In die hemel het U self u majesteit gelê
Almal ken u almag, selfs die kind op skoot
Kyk ek hemelwaarts, werke van u vingers
Maan blink groot, sterre skyn, als deur U gemaak
Wat is ek, die mens, dat U my besoek het
Dat U hoegenaamd met my wil besig raak

O Meester, Yahweh, die mens is so geseënd
U het hom skaars minder as ‘n seraf gemaak
En met u voortreflikheid en eer is hul gekroon
Soms voel dit of hulle aan die hemel raak
Kyk ek hemelwaarts, werke van u vingers
Maan blink groot, sterre skyn, als deur U gemaak
Wat is ek, die mens, dat U my besoek het
Dat U hoegenaamd met my wil besig raak

O Meester Yahweh, U skenk ons soveel mag
Ons word aangestel oor elke werk van u hand
Skaap en bees en vis en voël het U vir ons gegee
U vertrou ons met die volle see en land
Kyk ek hemelwaarts, werke van u vingers
Maan blink groot, sterre skyn, als deur U gemaak
Wat is ek, die mens, dat U my besoek het
Dat U hoegenaamd met my wil besig raak