Views: 17
U het my hart van u rus geleer
Ek wil sing en U vereer
Ek wil voor die daglig wakker wees
U grootheid vervul my gees
Ek wil van u trou praat teenoor elke mens
U lof met die wêreld deel
Verhef U bo die hemel, Yahweh
U grootheid maak my heel!
Vanuit u plek het U ons versterk
En u arm vir ons laat werk
In u kring is baie groepe saam
U maak hul u erfgenaam
Maak ons hand tog sterk, die stryd is altyd daar
Die mens bly altyd beperk
In u Naam kan ons krag verniet kry
En toekyk hoe U werk!