Views: 5
Spreek julle waarlik geregtigheid?
Is julle oordeel oor mense opreg?
Is julle maatstaf wetteloosheid?
Bly jul dan altyd aan misdaad geheg?
Reg van geboorte broei daar net kwaad
Giftige woorde kom uit as jul praat
Woorde van wysheid word afgemaak
Met suiwer waarheid het jul nie ‘n saak
Dis asof sy Woord jul harte nie raak!
O Elohiem, net U kan dit keer
Die mag van jong leeus kan net U verbreek
U kan die stroom van onreg afweer
U kan die tak afsny wat my so steek
Soos ‘n tuinslak sal sondaars wegsmelt
Selfs nie hul naam sal die mense vermeld
U, Elohiem, sal ingryp met mag
Ons sal kan toekyk en bly wees ‘n slag
Die vrug van lydsaamheid van U verwag!