Hallelu, hallelu, Loof Yahweh
Wie asem het, staan gereed om te loof
Hallelu, hallelu, loof Yahweh
Dit is die tyd om sy Naam te besing
Loof Hom vir sy jongste werke
Loof Hom vir sy suiwer grootheid
Loof Hom omdat Hy volmaak is
Loof, sonder om ‘n oomblik te wag
Loof Hom met die klanke van die horing
Loof hom met jou hart en mond
Loof Hom met die siter se bekoring
Loof Hom, wag nie een sekond
Loof Hom met die trom en koordans
Loof Hom tot jou asem te min raak
Besing sy Naam al sing jy Afrikaans
Loof Hom luid – want só is jy gemaak
Besing sy Naam al sing jy Afrikaans
Loof Hom luid – want só is jy gemaak
Loof Hom vir sy jongste werke
Loof Hom vir sy suiwer grootheid
Loof Hom omdat Hy volmaak is
Loof, sonder om ‘n oomblik te wag
Loof Hom met die klanke van die horing
Loof hom met jou hart en mond
Loof Hom met die siter se bekoring
Loof Hom, wag nie een sekond
Loof Hom met die trom en koordans
Loof Hom tot jou asem te min raak
Besing sy Naam al sing jy Afrikaans
Loof Hom luid – want só is jy gemaak
Besing sy Naam al sing jy Afrikaans
Loof Hom luid – want só is jy gemaak