Ps 111 In die kring


In die kring waar opregtes sit, wil ek U loof
Van u groot werk voor elke mens getuig
U majesteit en grootheid sal nooit ophou nie
Oor u geregtigheid kan mens net juig
Vir u groot wonders is daar nou ‘n monument
Dit is vir ewig in ons hart gebou
U goeie guns en trou hou dit gereeld in stand
Met u verbond is ons styf daarin toegevou

In die krag van u sterk hande leer ons U ken
Erfdeel van nasies het U ons laat kry
En u Torah wys ons die weg wat ons moet neem
Betroubaar is u opdragte vir my
U plan en woord is reg en staan vir altyd vas
U Naam uniek, dit vul my met ontsag
Om wys te wees begin eers as ons u Naam vrees
U lof, soos u verbond, is tot die laaste dag!