Ps 14 In sy hart

In sy hart versin die dwaas: Daar is geen Elohiem
Sleg, afstootlik is hul hart, waar hul gedrag ontkiem
Uit die hemel hou Hy dop hoe die seuns van Adam loop
Om te sien of daar ‘n mens is wat op Hom wil hoop

Wat Hy hier op aarde sien is: Almal het verdwaal
Daar is niemand wat goed doen nie, wat sy maatstaf haal
Is die sondaars so mislei – het hul dan geen sin van reg?
Na sy woord soek hul nie – aan sy volk doen hul net sleg

Maar dis Yahweh wat sy volk bewaar en hulle red
Ons verlossing kom uit Tsion as ons Hom liefhet
As Yahweh Hom by ons skaar, sal ons soveel anders lyk
Ons sal juig en bly wees en die vrees sal van ons wyk!

Ja, dis Yahweh wat sy volk bewaar en hulle red