Kom en herstel ons – volbring u verlossing
U het beha-e in u volk gehad
Kom en bedek elke vlek in ons harte
U bring ons weer t’rug as ons dwaal van die pad
Hoe kan ons leef as u gramskap nie wegkeer?
Hoe kan ons juig as u toorn bly brand?
Laat ons herleef, laat ons blydskap weer t’rug keer
Gee ons weer u guns want dis teen als bestand
Ek wil graag hoor as u, Yahweh, met my praat
Slegs so kan elkeen u grootheid ontdek
Trou uit die hemel kom daal op die mens neer
U skenk ons u vrede – daar’s lig in ons plek