Ps 55 Wys my nie weg


Hoor my gebed, wys my nie weg as ek by U smeek
U ken die onrus, verwarring wat ek in my hart versteek
Weens die geroep van my vyand,
Weens die geraas van die dwaas
Krimp ek ineen van die vrees
Is daar ‘n wond in my gees
Mens hoor net onreg as hulle spreek
In woede wil hul my breek

As ek kon vlieg, en soos ‘n duif my vlerke kon sprei
Dan was die berge, geen uithoek te hoog, te ver-af vir my
Yahweh, net U is my skuilplek
Yahweh, net U gee my rus
Reg rondom my is daar stryd
Net U red, dit is ‘n feit
Dit voel kompleet of U my vermy
So swaar kan ek nie meer kry

Ek weet, net soos van ouds, heers U nog steeds op u troon
Geen mens kan daaraan verander, selfs hul wat U heeldag loën
In hulle hart is daar geen vrees
By U wil hulle nie wees
Soos botter smelt elke woord
Maar in hul stryd woed hul voort
Van hulle pad gaan ek my verskoon
U aanhang en by U woon!