Ps 5 Hoor tog

Views: 29


Hoor tog my woorde, hoor my versugting
Hoor my begeerte, o Elohiem
U is my Hoorder, U is my Helper
Elke gedagte ken U intiem

Vroeg in die more sal U my stem hoor
Nie een kwaaddoener hou voor U stand
Net deur u goedheid kry ek ervaring
Van in u huis staan – en dis briljant!

Leer my u weg ken, volgens u woorde
As ek wil afdwaal, help my dan reg
Die wat by U skuil, leer ken u blydskap
En wil aan u Naam groot waarde heg!