Ek het U hartlik lief, o Yahweh
Wie anders is my hulp en rots?
As ek U aanroep, hoor U Yahweh
U bly steeds my groot trots
Strome van ramspoed het my beklem
Doodse bande teen my gekom
Uit U woonplek hoor U dan my stem
Voor u guns staan ek stom
Kyk hoe als skud en beef as Hy praat
Berge sidder voor sy groot mag
Selfs die wind se vleuels is sy gewaad
Geen twyfel oor sy krag
Vir die opregtes is U opreg
U laat ons lampe helder skyn
Bendes wat teen my kom, dryf U weg
Groot mure maak U klein!