Ps 87 Daar is ‘n plek


Daar is ‘n plek wat Hy baie lief het
Dit is die berg Tsion – ewig sy faam
Sterk, afgesonder, skoon – poorte wat mens bekoor
Groot sy voortreflikheid, lieflik sy Naam

Stad van ons Elohiem, bo-op die berg
Dis waar sy volk ontstaan – almal se bron
Hy, Allerhoogste, groot – woon daar, hou dit in stand
Wie sou nie dáár wou woon, as hul net kon!

Groot voorreg: Jy’s onder hul wat Hom ken
En weet: jy word saam met sy volk getel
Jy, uitverkore, klein – drink nou uit sy fontein
En sing, want Hy het als in plek gestel!