Ps 116 Ek het Hom lief

Views: 46


Ek het Hom lief – Hy ontferm Hom oor my
Sy oor het Hy tot my gerig
Vry mag ek Hom aanroep
Die dood se greep is rondom my
Benoudheid het nou beheer gekry
Ek gly af teen ‘n sloep

Ek roep U aan want u Naam is baie groot
Yahweh U’s al wat my kan help
Net U kan my verlos
U’s vol van guns en groot van hart
Vol deernis sien U my diepe smart
U’s altyd op u pos

My oog stort trane, my voet vol struikeling
My siel was swaar en neergebuig
My angs het my laat kwyn
Sy beker van verlossing groot
Sy Naam die sekerheid in my nood
My vrees laat hy verdwyn

Voor Hom is ons baie sigbaar, spesiaal
In sy oë selfs ons dood kosbaar
Ek is sy gunsgenoot
Wat ek beloof sal ek betaal
U grootheid daar by u volk herhaal
My dank oor U is groot!