Ek roep uit na Yahweh, Hy sal my verhoor
U ken my benoudheid, die kreet van my hart
U weet van die valsheid, my siel word deurboor
Lippe wat kwaad spreek en seer maak, dit bring vir my onrus en smart
Daar’s net mooi geen voordeel in woorde wat wond
Soos pyle wat vlieg, of soos vuur in die veld
Wie dit kort-kort aanhoor word selde gesond
Ek woon as vreemdeling daagliks, en ek word omring deur geweld.
Ek kies om my blyplek by U in te ruim
Te lank woon my siel in ‘n ruimte van kwaad
Ek is vredeliewend – dit is geen geheim
Red my dan nou van die vyand, van hom wat goedgunstigheid haat!