Ps 72 Leer hom wat regeer


Leer hom wat regeer om soos U te lei –
Betroubaar, regverdig soos Yah
Laat heersers heers met u woord as riglyn
U guns aan swakkes oordra

Die berge sal dan vol vrede wees
En die heuwels draers van u groot Naam
Die stukkendes sal u self genees
Hulle hoef hul nie meer te skaam

Met só ‘n koning sal u volk U vrees
U guns ervaar net soos reën
Solank as wat die son en maan daar is
Beleef hulle u groot seën

Die berge sal dan vol vrede wees
En die heuwels draers van u groot Naam
Die stukkendes sal u self genees
Hulle hoef hul nie meer te skaam

Uit plekke dor en verspreid sal hul kom
en in die stof voor Hom buig
Geskenke sal die vernames aanbring
En van sy groot roem getuig

Die berge sal dan vol vrede wees
En die heuwels draers van u groot Naam
Die stukkendes sal u self genees
Hulle hoef hul nie meer te skaam

Behoeftiges, sonder hulp en oormoeg
Is onder die wat Hy red
In sy oë is hulle lewe kosbaar
En Hy is al wat hul het.

Die berge sal dan vol vrede wees
En die heuwels draers van u groot Naam
Die stukkendes sal u self genees
Hulle hoef hul nie meer te skaam!