Views: 10
Loof Yahweh, noem sy Naam, maak oral sy werk bekend
Al die mense en groepe moet hoor
Laat jou hart wat wil juig, jou lied wees, jou dirigent
Hy wat bly maak en groot is, loop voor!
Hy wat wonders doen en sy waarheid met ons deel,
Sluit sy verbond, bly getrou
Reeds deur Avraham gee Yahweh só veel
Dat hul dit nie vir hulself kon hou!
U verbond het bly staan, in die vreemde, selfs in druk
Nie een oomblik het U hul vergeet
U’t geen mens toegelaat om hul uit u hand te ruk
Van hul nood het U altyd geweet
Selfs in hongersnood, soos met Yosef en sy broers
Het u woord altyd bly staan
Nasies reg rondom was op hul jaloers
Want ‘n weg het U altyd gebaan!
In die land, Mietsrayiem, wonders het U daar verrig
Met die plae is u doel bereik
Deur die land, kort hierna, was daar vrees oral in sig
Ja, benoudheid was net waar jy kyk
Deur u kneg Mosheh, en Aharon aan sy sy
Bring U ‘n groot werk tot stand
Met oortuiging en wonderwerk daarby
Lei U Yiesra’l met krag uit die land
Wolkkolom, vuurkolom, in die dorheid was U dáár
Met die kwartels, U antwoord gebed
Hemelbrood, rots wat vloei, waters kom daar bymekaar
U gebruik dit om u volk te red
U onthou u woord aan ‘n mens soos Avraham
Met vreugde wil U bedek
Daar is seën op pad, kinders van Adam
Vir dié wat hul na u Woord uitstrek!