Hoor tog my smeking en gebed
My lippe is opreg
U oë kan sien, u hand kan red
My hart, weet U, is reg
My gange rig ek op u spoor
My dade op u Woord
As U my diepste bedes hoor
Dan rus ek onverstoord
Laat my u troue guns ervaar
Die skadu van u vleuels
In u hand sal U my bewaar
die appel van u oog
Keer die vyand wat my beleer
Die leeu wat wil verskeur
Staan op Yahweh en werp hom neer
Wat my swaarkry begeer
My hoop is net op U gebou
Op u verborge skat
Ek sal u aangesig aanskou
In u beloofde stad