Ps 2 Kyk die komplot


Kyk die komplot, die dwaas wil hom wreek
Dis teen Yahweh en teen sy Koning
Bande wil hulle sommer net so los breek
Hul weet nie: Yahweh lag vanuit sy woning
Die boodskap kom duid’lik: My Seun stuur Ek self vandag!
Beloofde een, wat gesalf is, geseënd as jy op Hom wag!

Eis nou van my, vra sonder versuim
Neem jou erfdeel, dis vir jou bedoel
Vir die weerstandiges gee Hy nie een duim
Sy staf wat kragtig werk sal hul intens voel
Die boodskap kom duid’lik: My Seun stuur Ek self vandag!
Beloofde een, wat gesalf is, geseënd as jy by Hom skuil!