Alreeds te veel is ek reeds van my jeug af seergemaak
Alreeds te veel het mense my vervolg, maar nooit oorwin
Met ploeg-skare diep vore op my rug gemaak
Geen tou sal my geesdrif vir Yahweh kan vasmaak!
Regverdig is ons Skepper – Hy sny wrede toue deur
Die plot om Tsion uit te roei is tot berou gedoem
Soos gras op die dakke verdor en dan verweer
So sal dit ook met al sy teenstanders gebeur!
Die werkers wat sy Naam verag, sal geen oesvreugde smaak
Die voorreg van ‘n vriend wat seën, sal hulle nie beleef
Die woorde “Mag Hy seën”, sê niemand oor hul taak
Geslag wat Hom loën – daarvan het hul deel geraak!