Loof Yahweh, my siel en elke deel van my
Sy Naam, sy grootheid en sy eer
Besing die lof van Hom
Wat guns op guns bewys aan my, sy kind
Hy vergewe, Hy genees ons, Hy versadig
Soos ‘n arend maak Hy ons nuut
As daar iemand is wat swaar kry
Sal Hy hulle saak in sy hande neem
Loof Yahweh – Hy het Homself aan ons getoon,
Sy trou, sy goedheid en sy weë
Nie gou om te verdoem
Maar nooit laat om sy guns aan elkeen te bewys
Hy vergeld nie soos ‘n mens nie – vol van liefde,
Reg om weer ‘n kans te gee
Ver soos die ooste van die weste
Sal Hy ons geknoei van ons af wegneem
Loof Yahweh, Hy ken ons elkeen deur en deur
Hy weet wat in ons harte skuil
Net soos ‘n vader voel
Oor elkeen van sy kroos, voel Hy oor my, sy kind
Soos ‘n grasspruit, broos soos blomme, is ons lewe
Maar die goedheid van ons Vader
Het geen einde nie, daarom sal ek
Nooit ophou om sy Naam groot te maak