Views: 10
U soek ek, Yahweh, my siel dors na U
U sien die droogte, als smag na water
Dis net waar U is, waar daar ‘n lig skyn
Dis net u sterkte wat nooit sal wegkwyn
Dis net waar U is, waar daar ‘n lig skyn
Dis net u sterkte wat nooit sal wegkwyn
U goedheid, Yahweh, oortref die lewe
Ek het geen keuse, ek moet u Naam prys
Dis net u grootheid wat hande opdwing
Dis net u volheid wat my laat saamsing
Dis net u grootheid wat hande opdwing
Dis net u volheid wat my laat saamsing
U het met oorvloed my siel versadig
Wanneer dit nag word, wil ek oor U peins
Dis net U wat dek, u skadu oor my
Dis net U wat help, u uitkoms voor my
Dis net U wat dek, u skadu oor my
Dis net U wat help, u uitkoms voor my
U vang my vyand, en laat hom weggaan
U kom aan my kant, ek sal nie t’rug staan
Dis net u blydskap wat ons kan oplig
Dis net u woorde – dit gee ons uitsig
Dis net u blydskap wat ons kan oplig
Dis net u woorde – dit gee ons uitsig