Ps 126 Ons mond


Ons mond wou aanhou lag en ons tong wou die heeltyd sing
U het ons nood verlig – droom-uitkoms het U gebring
Selfs die heidene het onder mekaar begin praat, en sê:
Die een wat hierdie volk seën, se Naam is Yahweh!

Ons mond wou aanhou lag en ons hart wou die heeltyd juig
U het ons aangeraak – hang-skouers weer opgebuig
Soos die strome water in die woestyn, word ons hier verkwik
Met die goedheid en guns wat U oor ons beskik!

Ons mond wou aanhou lag, maar soms sal ons nog trane stort
Daar is nog altyd rampe waardeur ons getref word
Daar’s geen twyfel: Wie met trane saai sal met gejubel maai
Selfs al ween my oog nou, my lag is om die draai!