Yahweh gryp in, die waarheid het verdwyn
Daar is maar min wat U soek en leuens vermy
Ek het genoeg, van dubbelhartigheid
Selfs as ek soek sal ek skaars opregtes kry
Soveel sê graag: In my tong is my krag
En meen dat ‘n woord of twee alles kan vermag
In hulle dwaasheid beur hulle van U af weg
Sodoende word U as Meester verag
Sodoende word U as Meester verag
Yahweh gryp in, sy kinders word verdruk
Daar is te veel wat seerkry en skade ly
Ek sal opstaan, sê Hy, en my woord hou
Vir hom wat sug is daar skuilplek hier by My
U woord is rein, skoon gewas sewe maal
Dit is bloot ‘n feit dat U altyd sal bewaar
Slegs deur u grootheid leer ken ons die ewigheid
Dit is so goed om ons by U te skaar
Dit is so goed om ons by U te skaar