Ps 94 O Regter

Views: 3


O Regter tree in, die trotsaards floreer
Hoe lank kyk die afvalliges al op ons neer?
Hulle praat so onbeskaamd, hul verbrysel selfs u volk
Kyk die vreemd’ling, asook die wese, hulle sink in ‘n kolk!

Hoor tog net die spot: Yahweh sien nie raak
Sy volk kan maar tot niet gaan, en Hy neem nie wraak
Sou die Een wat self die oor ingebou het, dan nie hoor?
Hy sal nooit sy volk wat Hy lief het, uit sy oog uit verloor!

As U ons nie help, het ons nie ‘n kans
Ons sal wankel en weifel en stort oor die krans
Maar nou ken ons u geduld, u vertroosting so intens
Bly verstom staan dat U ‘n pad stap met ‘n nietige mens

As ek voel ek gly, kom staan U by my
Al die pogings van mense kan my nie beet kry
U het u rotsvesting vas, hier reg onder my gestel
U’s my toevlug, as dit benoud raak, weet ek daar’s niks te kwel