Ps 109 Moenie stilbly


Moenie stilbly – sien my vyand raak
Sy mond wat woorde van bedrog spreek
Sonder oorsaak, met sy haat wat drup
Probeer hy my stadig afbreek
My liefde word nie raak gesien
My bedes lewer niks op
Ek kan maar net vir U kom vra:
Neem die onreg weg, laat dit nou stop

Laat die vloeke van u Woord hom tref
Dis rampe wat hy oor homself bring
Wil homself mos bo u guns verhef
En stel hom bloot aan verwerping
Ek weet U sal my nie verlaat
Die wond van my hart aanraak
Ek is tot bittermin in staat
Maar ek weet dat U oor my siel waak

Help my Yahweh, sien my knieë knik
My liggaam kan nie meer die las dra
Laat die mense sien hoe U ingryp
Hoe U luister na wat ons vra
Laat hul maar vloek – U sal bly seën
Hul skande onverteerbaar
My mond sal aanhou, U bly loof
Die wat swaarkry, is vir U kosbaar!