YM, Gauteng
Ek wil baie graag die Woord en Getuienis boek ontvang. Ek het as kind in die AGS kerk groot geword en so alles geglo en gedoen soos ek daar geleer is. Na baie bevestigings is ek oortuig dat ek my lewe verkeerd leef en wil graag op die regte pad kom (as ek dit so kan noem) Daar is baie dinge wat ek nog moet leer en moet verstaan daarom wil ek graag met die Woord en Getuienis begin. Ek hoop dit maak sin. So het ek oral gegoogle en gesoek na n “Bybel” wat Jesus se regte naam Yashuah gebruik en dinge noem en gebruik soos dit moet wees maar het nerens reg gekom tot ek op Elim mimistries afgekom het. Ek is so bly om te sien dat ek by julle die regte voedsel vir my siel sal ontvang. My lewe val regtig uit mekaar en ek weet nou hoekom. Daarom wil ek graag die Woord en Getuinis ontvang.
KOMMENTAAR
Lekker om van jou te hoor! Ek glo die ontdekkings wat jy die afgelope tyd oor “die regte pad” gemaak het, het die potensiaal om jou lewe te verander. Baie sterkte met hierdie ontdekkingsreis!