Ps 112 Hoe geseënd

Views: 7


Hoe geseënd is hy wat Hom vrees, hy wat sy gebod wil hou?
Sy familie sal geseënd wees – nageslag wat Yahweh bou
In sy huis beleef ons oorvloed; rykdom wat geen geld kan bied
Reg tot aan die bitter einde, sal van Hom af reg geskied
In sy huis beleef ons oorvloed; rykdom wat geen geld kan bied
Reg tot aan die bitter einde, sal van Hom af reg geskied
Lig in duisternis – dit kan mens maklik sien
Met sy goedgunstigheid … word ons … bedien!

Hoe geseënd is hy wat uitleen, wat sy hand na nood uitsteek?
So ‘n mens sal glad nie wankel, geen verlies sal hom kan breek
Al sy werke is regverdig, sy herinnering staan vas
In sy hart is daar vertroue, en “shalom” wat by hom pas
Al sy werke is regverdig, sy herinnering staan vas
In sy hart is daar vertroue, en “shalom” wat by hom pas
Vrees klem hom nie vas – met eer word hy bedek
Vir sy integriteit … het mens … respek!